Springbokrugby van |
![]()
|
teen Nieu-Seeland | teen Australië |
|   |
![]() |
![]() skitterende agsteman en kaptein
|
![]()
|   |
|   |
Opdrag
Hierdie webwerf word aan die Springbok-rugbyspelers van die jare 1949 tot en met 1953 opgedra en
veral gewy aan die nagedagtenis van Hennie Muller, wat so 'n groot bydrae tot rugby in
Suid-Afrika gedurende die veertiger- en vyftigerjare gelewer het.
Hendrik Scholtz Vosloo Muller is op 26 Maart 1922 te Witbank gebore en was die jongste van vyf
broers. Sy ouers is kort na mekaar oorlede toe Hennie nog 'n baba was en sy ma se suster neem
hom aan.
Hy verlaat die skool en aanvaar in 1939 diens op 16-jarige leeftyd by E.R.P.M. (East Rand Premier
Mine) waar sy broers werksaam is. Hennie speel eers in die agterlyn en later op flank vir
E.R.P.M.; op Jack Kipling se aanbeveling verskuif hy na agsteman waar hy soveel roem verwerf.
In 1943 word die 21-jarige Hennie Muller gekies om vir Transvaal uit te draf teen Noord-Transvaal.
Hy speel saam met die oud-Springbok, Jan Lotz, en toekomstige mede-Springbok, Gert Dannhauser en
druk die wendrie in hierdie ontmoeting.
Hennie Muller, skitterende agsteman, druk 'n
Hennie en sy vrou verhuis na die Kaap waar hy klubrugby vir Parow speel en in 1946 vir die eerste
keer vir Westelike Provinsie gekies word. Hy word deur die nuusmedia uitgesonder vanweë sy spoed
en vermoë om orals op te duik en drieë te druk.
In 1947 is Hennie en Florence terug in Boksburg waar hy weer vir E.R.P.M. en Transvaal speel. Sy
kaptein is weer die oud-Springbok, Jan Lotz en toekomstige
In 1949 arriveer Fred Allen se All Blacks as die eerste na-oorlogse toerspan in Suid-Afrika.
Hennie Muller blink uit in die proewe en word gekies om die Springbokke op agsteman te
verteenwoordig in Felix du Plessis se span. Hy speel in al vier die toetse teen Nieu-Seeland en
is 'n doring in die besoekers se vlees. Hy merk veral die losskakel en sy lakwerk veroorsaak
telkens dat die bal losrol vir die Springbokke om op te raap. Die Nieu-Seelandse kommentator,
Winston McCarthy, skryf dat Muller "'n uitstekende en intelligente speler is wat kan hardloop,
soos 'n agterspeler hanteer en met albei voete kan skop. Hy weet wat hom op die rugbyveld te doen
staan."
Transvaal wen die Currie-beker in 1950 onder Hennie Muller se aanvoering en gedurende die seisoen
sluit die span ander groot name in soos Johnny Buchler, Des Sinclair, Natie Rens, Hansie Oelofse,
Frans van der Ryst, Basie van Wyk, Gert Dannhauser, Piet Malan en Okey Geffin, wat almal op die
een of ander stadium vir die Springbokke gekies was.
Hennie Muller, die 'Windhond', maak
In 1953 word hy as kaptein vir al vier toetse teen die besoekende Wallabies gekies. Die
Springbokke wen die reeks met drie toetse teen een en baat weereens uit Hennie Muller se
uitstekende leierskap en intelligente spel as agsteman.
|  
|